
Begrænset tilbud
3 måneder kun 9,00 kr.
Derefter 99,00 kr. / månedIngen binding.
Alle episoder
151 episoder
Maatskaplike welsyn-minister Emma Kantema het 'n video op sosiale media veroordeel waar 'n man gesien word hoe hy 'n jong meisie, vermoedelik sy dogtertjie, dwing om 'n hookah-pyp te rook. Die polisie ondersoek twee klagte, van oortreding van die Wet op Kindersorg en Beskerming, asook van die Wet op die Beheer van Tabakprodukte. Die voorval het na bewering op Saterdag, 14 Junie in 8ste Laan in Otjimuise plaasgevind. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van die woordvoerder van die LPM se jeugvleuel, William Minnie.

Israeliese magte het Dinsdag minstens 86 Palestyne in Gaza doodgemaak, waaronder 56 naby hulpverspreidingsentrums, volgens mediese bronne in hospitale. Die Verenigde Nasies waarsku ook dat kinders in Gaza van dors kan begin sterf indien Israel se meer as 100-dae brandstof-blokkade nie gelig word nie. Stéphane Dujarric, 'n woordvoerder van die VN sekretaris-generaal, sê as brandstof nie in Gaza afgelewer word nie, sal hul lewensreddende operasies vinnig tot 'n einde kom en mense sal nie kan oorleef nie. Al Jazeera het gepraat met Amjad Shawa, 'n koördineerder van Palestynse nie-regeringsorganisasie netwerke.

Kry die nuus soos dit breek.

Namibiese boere sien hierdie seisoen uit na goeie graan-oeste, danksy normale tot bogemiddelde reënval regoor die land in die plantseisoen. Kleinboere het begin met die dors van stapelvoedselgrane soos mahangu, mielies en sorghum, terwyl hulle ook voorberei op opberging. Baie ly egter steeds na-oes verliese weens swak beplanning en onvoldoende opbergingspraktyke. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hanks Saisai, tegniese adviseur van akkerbou en pluimvee by Agribank Namibië, wat uiteensit hoe hierdie verliese voorkom kan word.

Die DA sê hy is trots op die oorwinning van die landbouminister, John Steenhuisen, wat die styging van die broodprys sal verhoed. Die party sê die minister het 'n vorige reëling geïdentifiseer en beëindig waar 'n verskaffer gemagtig word om gehalte-inspeksies van brood en graan by kleinhandelaars dwarsdeur die land te kan uitvoer. Willie Aucamp van die DA sê die verskaffer sou 'n heffing instel by winkels wat die prys van brood sou verhoog:
Begrænset tilbud
3 måneder kun 9,00 kr.
Derefter 99,00 kr. / månedIngen binding.
Eksklusive podcasts
Uden reklamer
Gratis podcasts
Lydbøger
20 timer / måned