
Empieza 7 días de prueba
$99.00 / mes después de la prueba.Cancela cuando quieras.
Todos los episodios
151 episodios
Die beplanning vir die Globale Afrika-waterstofberaad wat in September gaan plaasvind, is goed aan die gang. Tydens 'n mediakonferensie oor die beraad het James Mnuype, die hoof van die Groenwaterstofprogram, 'n opdatering gegee oor hul uitvoerbaarheidstudies van 2,5 miljoen Namibiese dollar. Een van die studies kyk na 'n ammoniak kunsmisproduksieaanleg by die Neckartaldam. Jona Musheko, die program se segsman, het meer.

Die Amerikaanse president Donald Trump sê Iran sal nie weer sy kernprogram kan herbou na Amerika se aanvalle op sy belangrikste kerninstellings die naweek nie. 'n Broos skietstilstand tussen Israel en Iran het gisteroggend in werking getree. Beide kante het mekaar egter beskuldig dat hulle die ooreenkoms oortree het. Trump het aan verslaggewers gesê Iran se kernvermoë is weg:

Die onwettige vang van sardyne het in weer in die Nasionale Vergadering opgeduik, nadat die landbouministerie onlangs 'n verklaring oor die kwessie gelewer het. Volgens omgewingminister Indileni Daniel word geen sardyne wettig gevang nie weens die moratorium daarop om die bevolking te laat herstel. Sy sê die regering werk daaraan om onwettige vissers aan te keer. Sy het ook verwys na kommer oor toenemende byvangste van sardyne.

Engeland het 371 lopies gejaag om 'n vyf-paaltjie oorwinning teen Indië in hulle eerste toets in Headingley. Die speler van die wedstryd, Ben Duckett, het 149 aangeteken in 'n openingsvennootskap van 188 met Zak Crawley. Dit was Engeland se tiende suksesvolste lopiejaagtog in toetsgeskiedenis. Indië het 471 en 364 aangeteken, terwyl Engeland met 465 en 373 vir vyf in hulle onderskeie beurte aangeteken. Duckett sê dit is die ongelooflikste wedstryd wat hy nog ooit gespeel het:

Die hoof van die Verenigde Nasies se Internasionale Atoomenergie-agentskap, Rafael Grossi, sê die wapenstilstand tussen Iran en Israel sal hopelik die deur open vir hernieude samewerking oor Iran se kernprogram. Agentskapinspekteurs het dwarsdeur die konflik in Iran gebly. Grossi sê daar was uitgebreide skade by verskeie kernterreine in Iran, insluitend sy uraanomskakelings- en verrykingsfasiliteite. Hy sê Iran moet die IAEA toelaat om die kernaanlegte te inspekteer en rekenskap te gee van die uraanvoorrade:
Empieza 7 días de prueba
$99.00 / mes después de la prueba.Cancela cuando quieras.
Podcasts exclusivos
Sin anuncios
Podcast gratuitos
Audiolibros
20 horas / mes