
Tijdelijke aanbieding
3 maanden voor € 0,99
Daarna € 9,99 / maandElk moment opzegbaar.
Alle afleveringen
151 afleveringen
Die sekretaris-generaal van Navo, Mark Rutte, het saam met Amerikaanse president Donald Trump met die media in Den Haag, Nederland gepraat waar Navo-lidlande byeen is. Daar word beaam dat die lidlande vandag sal instem vir 5 persent verdedigingsbesteding. Rutte was vol lof vir Trump en het hom bedank vir sy deurslaggewende leierskap in verband met Iran. Hy het ook die 5 persent teiken aangespreek.

Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, het 'n finale span van 26 spelers aangekondig vir die Afrikabekertoernooi vir vroue wat volgende Saterdag in Marokko begin. Slegs 14 was in die span wat die toernooi drie jaar gelede gewen het. Die 17-jarige Casey Gordon en Bonolo Mokoma van die JVW-klub in Bedfordview is die jongste spelers in die groep. Suid-Afrika speel in Groep C teen Ghana, Mali en Tanzanië. Ellis sê dit was 'n uitdaging om die finale span te kies:

Die beplanning vir die Globale Afrika-waterstofberaad wat in September gaan plaasvind, is goed aan die gang. Tydens 'n mediakonferensie oor die beraad het James Mnuype, die hoof van die Groenwaterstofprogram, 'n opdatering gegee oor hul uitvoerbaarheidstudies van 2,5 miljoen Namibiese dollar. Een van die studies kyk na 'n ammoniak kunsmisproduksieaanleg by die Neckartaldam. Jona Musheko, die program se segsman, het meer.

Die Amerikaanse president Donald Trump sê Iran sal nie weer sy kernprogram kan herbou na Amerika se aanvalle op sy belangrikste kerninstellings die naweek nie. 'n Broos skietstilstand tussen Israel en Iran het gisteroggend in werking getree. Beide kante het mekaar egter beskuldig dat hulle die ooreenkoms oortree het. Trump het aan verslaggewers gesê Iran se kernvermoë is weg:

Die onwettige vang van sardyne het in weer in die Nasionale Vergadering opgeduik, nadat die landbouministerie onlangs 'n verklaring oor die kwessie gelewer het. Volgens omgewingminister Indileni Daniel word geen sardyne wettig gevang nie weens die moratorium daarop om die bevolking te laat herstel. Sy sê die regering werk daaraan om onwettige vissers aan te keer. Sy het ook verwys na kommer oor toenemende byvangste van sardyne.
Tijdelijke aanbieding
3 maanden voor € 0,99
Daarna € 9,99 / maandElk moment opzegbaar.
Exclusieve podcasts
Advertentievrij
Gratis podcasts
Luisterboeken
20 uur / maand