
Empieza 30 días de prueba
4,99 € / mes después de la prueba.Cancela cuando quieras.
Todos los episodios
151 episodios
Tydens haar Staatsrede het president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangekondig dat die regering vanaf 2026 tersiêre onderwys ten volle sal subsidieer. Dit beteken dat studente by openbare universiteite en tegniese- of beroepsonderwyssentrums nie meer registrasiefooie of klasgeld sal betaal nie. Tydens die vraag- en antwoordsessie het AR-leier Job Amupanda gevra waar die geld vandaan sal kom. Die president het so geantwoord.

Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lifalaza Simataa, die LPM se woordvoerder, wat twyfel of die wankelrige stelsel dit sal kan hanteer.

Kry die nuus soos dit breek.

Tydens die vraag-en-antwoord sessie na president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede, het PDM-leier McHenry Venaani na die president se aangekondigde stryd teen korrupsie verwys. Hy wou weet wanneer die verslag oor die oudit van August 26 Holding Company se boeke vrygestel gaan word. Die maatskappy werk met openbare fondse.

Die ekonomie van Afrika suid van die Sahara toon veerkragtigheid, sê die Wêreldbank, met verwagte groei van 3,5 persent vanjaar en 4,3 persent teen 2027, aangedryf deur toenemende beleggings en verbruik, en dalende inflasie. Armoede-vermindering is egter stadig en werkskepping bly swak, veral in konflik-geaffekteerde en hulpbronafhanklike lande. Die bank vra vir dringende hervormings, beter bestuur, en om die Afrika-kontinentale vrye handelsgebied-ooreenkoms te gebruik om handel en werkskepping 'n hupstoot te gee. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, wat na die Namibiese prentjie kyk.
Empieza 30 días de prueba
4,99 € / mes después de la prueba.Cancela cuando quieras.
Podcasts exclusivos
Sin anuncios
Podcast gratuitos
Audiolibros
20 horas / mes