Invloed Kerk | Preke
Het jy al ooit gewonder of jy rêrig deel van iets is? Iets wat saak maak. Efesiërs 1:13 maak dit kliphard duidelik: die oomblik toe jy glo, is jy met die Heilige Gees gemerk as God se absolute eiendom. Dit is nie net 'n teologiese konsep vir die kerkbanke nie; dit is ‘n waarheid wat jou ewigheid bepaal. In hierdie episode vertel ons stories en breek ons af wat dit beteken, dat God die werk in jou begin het, en hoekom daardie "seël" op jou lewe alles verander. Gaan luister nou! EFESIËRS 1:13 'Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. ' #WonderBoWonder #Merk #Efesiërs1 #HeiligeGees #InvloedKerk
246 episodes
Comments
0Be the first to comment
Sign up now and become a member of the Invloed Kerk | Preke community!