The Blue Platform - Die Blou Platform
Cobus Bester In gesprek met Deon Kitching (15) [AFRIKAANS] Die naam Cobus Bester was vir baie jare sinoniem met die RSG aktualiteits-program, Monitor. Saam met die begin van die dag het Cobus aan die ontbyt-tafel en in die motor oor die daaglikse nuus gesels, as kinders by die skool afgelaai moes word. Sy belangstelling in ekonomiese nuus het hom by TV en later by radio laat beland. Hy vertel van sy beginjare by SAUK TV en sy pad tot in die monitor-ateljee. Cobus gesels oor sy filosofie om die saak van die persoon met wie hy die onderhoud voer aan die orde te stel; al sou hy verskil van die standpunt. Hy vertel van verskeie persone met wie hy onderhoude gevoer het en die werk wat ingesit is om meer van die persoon te wete te kom. 'n Baie interessante en gesellige gesprek. Meer oor Cobus Bester op sy Facebook-blad. [https://www.facebook.com/Cobus.Bester1]
18 episodios
Comentarios
0Sé la primera persona en comentar
¡Regístrate ahora y únete a la comunidad de The Blue Platform - Die Blou Platform!