The Blue Platform - Die Blou Platform
Success Lekabe In gesprek met Deon Kitching (16) [AFRIKAANS] Jy hoor die opwinding en lus vir die lewe in haar stem. Immers sy het al baie paaie geloop in haar 31 jaar hier op aarde. "Dit was nie maklik om aan te hou nie. Was dit nie vir my ma en die res van my familie nie, sou ek nooit sover gekom het nie. Veral my ma is amazing. Ek is egter 'n positiewe mens en probeer alles en praat met almal". Success is bekend as omroeper en TV-persoonlikheid. As een van die vyf vrouens (die jongste) op die gespreksplatform TUSSEN ONS, op Kyknet, moes sy baie leer by haar mede-spanlede. Success vertel hulle het haar vinnig onder hulle vlerke geneem en haar gemaklik laat voel. In hierdie potgooi praat sy oor haar geboortedorp, Potchefstroom; wat gee hoop en sin aan haar lewe en wat wil sy graag met haar lewe bereik. Lees meer oor Success Lekabe [https://www.bokradio.co.za/success-lekabe/] Success Lekaba se Facebook-bladsy [https://www.facebook.com/success.lekabe.5]
18 episodios
Comentarios
0Sé la primera persona en comentar
¡Regístrate ahora y únete a la comunidad de The Blue Platform - Die Blou Platform!