Hoop Nogtans
Daar is ‘n ongemaklikheid by baie mense om te praat oor die dood. Hoeveel keer hoor het ons al gehoor iemand sê iets soos, “As daar iets met my gebeur, onthou tog my begrafnisboekie is bo in my kas in die boksie waar al my dokumente gebêre word.” As daar iets met my gebeur, sing tog op my begrafnis hierdie lied wat vir my so mooi is.” As daar iets met my gebeur... Dis nie ‘n geval van “as daar iets met jou gebeur nie.” Daar gaan iets met jou gebeur, en jy kan dit maar by die naam noem. Ons trap soos ‘n verkleurmannetjie as dit kom by praat oor die dood. Hoekom? Dood is ‘n normale deel van ‘n mens se lewe. Baie mense dink soos die bekende komediant-skrywer-akteur Woody Allen het gesê, “I’m not afraid to die. I just don’t want to be there when it happens.” Jy gaan daar wees. JY HOEF NIE BANG TE WEES VIR DIE DOOD NIE. Om te sterf is net so deel van jou lewe as kind van God as om te lewe. Ek praat vandag so ‘n bietjie hieroor.
41 episodios
Comentarios
0Sé la primera persona en comentar
¡Regístrate ahora y únete a la comunidad de Hoop Nogtans!