Imagen de portada del programa Hoop Nogtans

Hoop Nogtans

Podcast de Francois Bredenkamp

inglés

Historia y religión

Empieza 7 días de prueba

$99 / mes después de la prueba.Cancela cuando quieras.

  • 20 horas de audiolibros al mes
  • Podcasts solo en Podimo
  • Podcast gratuitos
Prueba gratis

Acerca de Hoop Nogtans

Todos los episodios

39 episodios

episode So maklik mislei artwork

So maklik mislei

n Plasing op Facebook ‘n paar dae gelede trek my aandag. ‘n Amerikaanse soldaat is aan die woord, een wat onlangs in Israel diens gedoen het. Hy praat oor ‘n Bybelse drankie wat net twee bestanddele het en wat Alzheimer se siekte voorkom. Hierdie drankie is so effektief, dat daar vandag geen geval is in Israel van Alzheimer se siekte nie, sê hy, want hulle volg steeds hierdie resep. Nou luister ek, hulle het my aandag, want ek lees die Bybel vir langer as 60 jaar en ek het nog nooit hiervan gelees nie. Buitendien, die storie oor geen Alzheimer se siekte in Israel vandag kan nie waar wees nie. Vir die rekord, volgens ‘n publikasie van die Israeli Departement van Gesondheid op 20/11/2025 was daar 120 000 gevalle van dementia in Israel in 2018. Maar ek wil weet wat die Bybel hieroor sê, so ek luister verder. Ek luister verniet, daar is nie ‘n woord hieroor verder nie. Dan is Bill Gates aan die woord. Hy het baie geld beskikbaar gestel uit sy eie fondse vir navorsing oor Alzeimer se siekte. Dit is die waarheid. Dit lyk soos Bill Gates. Dit klink soos Bill Gates. Maar iets is verkeerd. Geen mens praat so afgerond, sit so stil vir ‘n lang ruk terwyl hy praat nie. Dis ‘n gekloonde weergawe van Bill Gates. ‘n Wetenskaplike begin praat oor sy navorsing. Sy bevinding word onderdruk deur Big Pharma, die groot name agter die farmaseutiese bedryf. Hy het bevind daar is twee bestanddele wat Alzheimer se siekte kan voorkom. Heuning en kakao. Kakao word definitief nie in die Bybel genoem nie. Kakao is verbou in Suid-Amerika van die vroegste tye, en eers in 1519 deur die Spanjaarde na Europa gebring. Hier het ek ophou luister na die twak wat verkondig word. Ek weet wat nou volg. Die produk om Alzheimer te voorkom wat hulle bemark. Maar hoe kan mens hulle vertrou as hulle hele bemarking op bedrog gebou is. Soveel leuens. Soveel valsheid. Dit maak my kwaad. Hier is mense wat nie skroom om die Bybel te misbruik om mense se aandag te kry nie. Daar is niks in die Bybel hieroor nie. Hier is mense wat Bill Gates se beeld en stem gebruik maar dis nie hy wat aan die woord is nie. Mense wat liggelowig of onkundig is, word mislei om iets te koop wat nie Alzheimer voorkom nie. Mense wat desperaat is, miskien. Die kans is goed dat mense wat dit die minste kan bekostig, die duur produk gaan koop – ‘n waardelose produk. Wat my nog kwater maak, is dat Facebook dit toelaat. Hierdie soort ding word gedryf deur mense wie se harte so vol hebsug is dat hulle nie skroom om deur misleiding hulself te verryk nie. Dis niks nuut nie, net die metode is nuut want die tegnologie is vandag beskikbaar om mense so maklik te mislei. In Numeri 22 maak ons kennis met Bileam, ‘n waarsêer wat deur die koning van die Moabiete gehuur word om vloeke oor die Israeliete te kom uitspreek. Bileam is iemand wie se hart so vol hebsug is, dat hy enigiets sal doen om goud en silwer te bekom. Ons lees meer oor hom in Numeri 22. Kom ons kyk bietjie dieper.

22 de may de 2026 - 26 min
episode Jy hoef nie bang te wees vir die dood nie artwork

Jy hoef nie bang te wees vir die dood nie

Daar is ‘n ongemaklikheid by baie mense om te praat oor die dood. Hoeveel keer hoor het ons al gehoor iemand sê iets soos, “As daar iets met my gebeur, onthou tog my begrafnisboekie is bo in my kas in die boksie waar al my dokumente gebêre word.” As daar iets met my gebeur, sing tog op my begrafnis hierdie lied wat vir my so mooi is.” As daar iets met my gebeur... Dis nie ‘n geval van “as daar iets met jou gebeur nie.” Daar gaan iets met jou gebeur, en jy kan dit maar by die naam noem. Ons trap soos ‘n verkleurmannetjie as dit kom by praat oor die dood. Hoekom? Dood is ‘n normale deel van ‘n mens se lewe. Baie mense dink soos die bekende komediant-skrywer-akteur Woody Allen het gesê, “I’m not afraid to die. I just don’t want to be there when it happens.” Jy gaan daar wees. JY HOEF NIE BANG TE WEES VIR DIE DOOD NIE. Om te sterf is net so deel van jou lewe as kind van God as om te lewe. Ek praat vandag so ‘n bietjie hieroor.

22 de may de 2026 - 24 min
episode God se antwoord vir jou hooploosheid artwork

God se antwoord vir jou hooploosheid

Steve Jobbs se naam is sinoniem met die Apple maatskappy se sukses. Steve Jobbs was die dryfkrag agter so baie innovasies wat vandag alledaags is: Apple Mac, persoonlike rekenaars wat jy saam met jou dra; die iPad, ‘n klein rekenaar sonder ‘n sleutelbord wat geaktiveer word deur op ‘n skerm te druk; die iPod, ‘n klein elektroniese toestel om ‘n hele musiek en video versameling saam te dra en te speel; die iPhone, wat soveel meer is as ‘n selfoon. Wie sou kon dink dat ‘n mens ‘n telefoon saam met jou sal dra wat jou in verbinding kan bring met iemand aan die anderkant van die wêreld binne sekondes en julle sien mekaar; wat jou toegang gee tot inligting oor alles via die Internet, wat ook ‘n musiekspeler en videospeler en televsie is, waarop jy jou banksake kan doen, eposse kan stuur, biblioteke kan huisves, met AI in gesprek kan tree, ens. Steve Jobbs het so ‘n invloed op sy kollegas gehad dat hulle gepraat het van Steve se “reality distortion field.” Die werklikheid moes buig voor sy visie. Hy het geglo dat onmoontlike dinge gedoen kan word as mens regtig wil. Hindernisse kan oorwin word. Voor die vrystelling van ‘n nuwe iPhone het Jobbs die produksie gestop. Hy het nie van die tipe plastiek gehou waarvan die skerm gemaak is nie. Hy was duidelik wat hy gesoek het. Hy soek ‘n tipe glas wat die voorkant sal bedek. Dit moet duursaam wees en krap-bestand. Daar het nie so ‘n tipe glas bestaan nie. Dis nie die soort antwoord wat Jobbs tevrede gestel het nie. Hy kontak Wendell Weeks, die CEO van Corning Glass. Weeks sê vir Jobbs sy maatskappy het in die 1960’s ‘n proses ontwikkel wat Gorilla Glass kan maak. Dis presies wat Jobbs wil hê. Hy plaas dadelik ‘n bestelling vir Gorilla Glass vir 1 miljoen iphones, beskikbaar binne ses maande. Wendel Weeks probeer keer. Dis nie moontlik nie. Ons het die proses, maar ons het nog nooit Gorilla Glass gemaak nie. Ons het nie eens ‘n fabriek nie. Jobbs se antwoord: Jy kan dit doen. En hulle het. Binne ses maande is daar 6 miljoen iPhones met Gorilla Glass op die mark. Steve Jobbs het geglo dit kan gedoen word. En hulle het. My vraag: Hoekom het ongelowiges groter geloof in wat kan wees as God se kinders wat sê dat hulle glo Jesus leef? Dis tyd vir die kinders van die Here om omring te word deur ‘n “reality distortion field.” Distord die werklikheid om jou, want jou Verlosser leef! Hy leef. God se antwoord vir jou hooploosheid. In Lukas 24:13-35 lees ons van Jesus se verskyning aan twee dissipels op pad na Emmaus, so 12 km van Jerusalem. Dis die dag van Jesus se opstanding maar hulle weet nog nie dat Hy opgestaan het uit die dood nie. Hooploosheid omvou hierdie twee volgelinge van Jesus, op pad huis toe van Jerusalem. Verward in hulle gemoed. Platgeslaan. Tot die lewende Christus hulle ontmoet. Ek deel graag ‘n paar gedagtes hieroor.

27 de abr de 2026 - 36 min
episode God se plan met jou is groter as jou verlede! artwork

God se plan met jou is groter as jou verlede!

‘n Artikel ‘n paar jaar gelede in Golfdigest, die bekende tydskrif vir gholfentoesiaste, fokus op waar die woord mulligan in gholf sy oorsprong het. Een moontlike verklaring is dat David Mulligan, ‘n Kanadese amateur gholfspeler, die eerste keer die woord gebruik het in die 1920’s. Hy speel gholf met ‘n paar vriende. Mulligan se eerste hou is windskeef. Baie vies vir homself, sit hy ‘n nuwe gholfbal op die setperk, en slaan nog ‘n hou. Sy vriende kyk hom verbaas aan. “Wat doen jy?” Dis mos nie hoe dit werk in gholf nie. Mulligan se antwoord: “Ek neem ‘n mulligan.” Vandaar die gebruik in amateur gholf, as jou eerste hou hopeloos is, kan jy maak asof dit nie gebeur het nie. Jy kry ‘n tweede kans. Sou dit nie lekker wees as ons ook in ons elkedagse lewe mulligans kan kry nie! Die verkeerskonstabel is besig om ‘n boete vir ‘n spoedoortreding uit te skryf. “Dankie, konstabel, ek sal nou ‘n mulligan neem. Hier’s jou kaartjie, ek verkies om dit nie te neem nie.” So baie mense leef met soveel selfverwyt oor hul mislukking in die verlede. Hulle kan hulself nie vergewe nie. Hulle leef met die idee, ek kan nooit weer wees wat ek was nie. God se Wood het ‘n boodskap vandag vir daardie persone wat aktief vir die Here geleef het, en Hom toe gefaal het deur wat hulle verkeerd gedoen het. Jy glo jy sal nooit weer bruikbaar wees vir die Here nie. Jou getuienis, jou werk vir die Here, jou vrymoedigheid is finaal gekelder. Die Here Jesus gee vir Petrus ‘n mulligan wanneer hy vir Petrus en ses ander dissipels ontmoet net na Sy opstanding uit die dood. “Jy kan maar oor begin. Ja, jy het ‘n baie slegte hou geslaan toe jy ontken het dat jy My ken, toe jy My verloën het. Kom ons werk aan jou herstel.” Joh. 21:1-22 (NLV) verduidelik, GOD SE PLAN MET JOU IS GROTER AS JOU VERLEDE!

23 de abr de 2026 - 32 min
Muy buenos Podcasts , entretenido y con historias educativas y divertidas depende de lo que cada uno busque. Yo lo suelo usar en el trabajo ya que estoy muchas horas y necesito cancelar el ruido de al rededor , Auriculares y a disfrutar ..!!
Muy buenos Podcasts , entretenido y con historias educativas y divertidas depende de lo que cada uno busque. Yo lo suelo usar en el trabajo ya que estoy muchas horas y necesito cancelar el ruido de al rededor , Auriculares y a disfrutar ..!!
Fantástica aplicación. Yo solo uso los podcast. Por un precio módico los tienes variados y cada vez más.
Me encanta la app, concentra los mejores podcast y bueno ya era ora de pagarles a todos estos creadores de contenido

Elige tu suscripción

Más populares

Premium

20 horas de audiolibros

  • Podcasts solo en Podimo

  • Disfruta los shows de Podimo sin anuncios

  • Cancela cuando quieras

Empieza 7 días de prueba
Después $99 / mes

Prueba gratis

Sólo en Podimo

Audiolibros populares

Prueba gratis

Empieza 7 días de prueba. $99 / mes después de la prueba. Cancela cuando quieras.