Hoop Nogtans
Steve Jobbs se naam is sinoniem met die Apple maatskappy se sukses. Steve Jobbs was die dryfkrag agter so baie innovasies wat vandag alledaags is: Apple Mac, persoonlike rekenaars wat jy saam met jou dra; die iPad, ‘n klein rekenaar sonder ‘n sleutelbord wat geaktiveer word deur op ‘n skerm te druk; die iPod, ‘n klein elektroniese toestel om ‘n hele musiek en video versameling saam te dra en te speel; die iPhone, wat soveel meer is as ‘n selfoon. Wie sou kon dink dat ‘n mens ‘n telefoon saam met jou sal dra wat jou in verbinding kan bring met iemand aan die anderkant van die wêreld binne sekondes en julle sien mekaar; wat jou toegang gee tot inligting oor alles via die Internet, wat ook ‘n musiekspeler en videospeler en televsie is, waarop jy jou banksake kan doen, eposse kan stuur, biblioteke kan huisves, met AI in gesprek kan tree, ens. Steve Jobbs het so ‘n invloed op sy kollegas gehad dat hulle gepraat het van Steve se “reality distortion field.” Die werklikheid moes buig voor sy visie. Hy het geglo dat onmoontlike dinge gedoen kan word as mens regtig wil. Hindernisse kan oorwin word. Voor die vrystelling van ‘n nuwe iPhone het Jobbs die produksie gestop. Hy het nie van die tipe plastiek gehou waarvan die skerm gemaak is nie. Hy was duidelik wat hy gesoek het. Hy soek ‘n tipe glas wat die voorkant sal bedek. Dit moet duursaam wees en krap-bestand. Daar het nie so ‘n tipe glas bestaan nie. Dis nie die soort antwoord wat Jobbs tevrede gestel het nie. Hy kontak Wendell Weeks, die CEO van Corning Glass. Weeks sê vir Jobbs sy maatskappy het in die 1960’s ‘n proses ontwikkel wat Gorilla Glass kan maak. Dis presies wat Jobbs wil hê. Hy plaas dadelik ‘n bestelling vir Gorilla Glass vir 1 miljoen iphones, beskikbaar binne ses maande. Wendel Weeks probeer keer. Dis nie moontlik nie. Ons het die proses, maar ons het nog nooit Gorilla Glass gemaak nie. Ons het nie eens ‘n fabriek nie. Jobbs se antwoord: Jy kan dit doen. En hulle het. Binne ses maande is daar 6 miljoen iPhones met Gorilla Glass op die mark. Steve Jobbs het geglo dit kan gedoen word. En hulle het. My vraag: Hoekom het ongelowiges groter geloof in wat kan wees as God se kinders wat sê dat hulle glo Jesus leef? Dis tyd vir die kinders van die Here om omring te word deur ‘n “reality distortion field.” Distord die werklikheid om jou, want jou Verlosser leef! Hy leef. God se antwoord vir jou hooploosheid. In Lukas 24:13-35 lees ons van Jesus se verskyning aan twee dissipels op pad na Emmaus, so 12 km van Jerusalem. Dis die dag van Jesus se opstanding maar hulle weet nog nie dat Hy opgestaan het uit die dood nie. Hooploosheid omvou hierdie twee volgelinge van Jesus, op pad huis toe van Jerusalem. Verward in hulle gemoed. Platgeslaan. Tot die lewende Christus hulle ontmoet. Ek deel graag ‘n paar gedagtes hieroor.
39 episodios
Comentarios
0Sé la primera persona en comentar
¡Regístrate ahora y únete a la comunidad de Hoop Nogtans!