
Afrikaans
Gratis en Podimo
Starte jetzt und verbinde dich mit deinen Lieblingspodcaster*innen
Mehr Op reis met Weg!
In Weg! en Weg Ry en Sleep-tydskrif se podcast gesels François Haasbroek met mede joernaliste en ander interessante gaste en kenners oor alles wat gaan oor reis. Ons gesels oor bestemmings, toerusting, roetes, wenke asook wat agter die skerms by die tydskrif aangaan.
Ep. 7 Landsreis! - met Neels van Jaarsveld en Toast Coetzer
Ons gesels met akteur Neels van Jaarsveld en joernalis Toast Coetzer oor hoe en hoekom mens 'n landsreis van Suid-Afrika moet aanpak.
Ep. 6 Weg Agterpaaie Vrystaat - met Sophia van Taak en Toast Coetzer
Ons praat met reisjoernaliste en aanbieders van die Weg Agterpaaie-televisieprogram Toast Coetzer en Sophia van Taak. Hulle het vir die nuwe reeks gaan kuier in die Vrystaat.
Ep.5 Zimbabwe - met Evan Naudé en Toast Coetzer
Ons praat met vryskutjoernalis en gereelde medewerker vir Weg en WegRy en Sleep, Evan Naudé, asook Weg se reisredakteur, Toast Coetzer oor toer in Zimbabwe.
Ep.4 Gereelde vrae langs die pad - met Pierre Steyn, Schalk Jonker en Toast Coetzer.
Ons praat met die redakteurs van Weg! en WegRy en Sleep, Pierre Steyn en Schalk Jonker, en met Weg! se artikelredakteur, Toast Coetzer oor vrae wat ons gereeld deur lesers gevra word terwyl ons toer vir 'n storie.
Ep.3 Waar Weg! vandaan kom - met Bun Booyens, Pierre Steyn en Toast Coetzer.
Ons praat met die eerste redakteur van die tydskrif, Bun Booyens, die huidige redakteur, Pierre Steyn, en artikel redakteur Toast Coetzer. Ons gesels oorhoe die tydskrif begin het, wat sedertdien verander het en wat nog dieselfde gebly het.