
Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Podcast von jacostrydom
Nimm diesen Podcast mit

Mehr als 1 Million Hörer*innen
Du wirst Podimo lieben und damit bist du nicht allein
Mit 4,7 Sternen im App Store bewertet
Alle Folgen
81 Folgen
. . . Nic is soos ’n ontdekkingsreisiger en hierdie is net een van die vreemde reise van verwondering waarop sy beelde hom geneem het. Elke beeld het ’n storie. Oor en oor vertel hy hoe hy die Here se hand, nie net in die oorspronklike inspirasie nie, maar ook in die proses van die maak van ’n betrokke beeld ontdek. Al dikwels sou ’n beeld wat breek of in sy oë aanvanklik misluk, hom na ’n nuwe, beter plek lei . . . nicjgrobler@gmail.com [nicjgrobler@gmail.com] Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode [https://kerkbode.christians.co.za/] Borg 'n bed in een van ons Echo-huise [https://www.echoyouth.co.za/index.php/lees/artikels/468-borg-n-kind-in-een-van-die-echo-huise]

Jare later hoor ek Len Muller en Steff Bos se verwerking van Sarie Marais op die radio en gooi amper die kar om. Die ou se droom het waar geword, het ek gedink en gewens ek kan hom high-five . . . https://lenmuller.co.za/ [https://lenmuller.co.za/] Borg 'n bed in een van ons Echo-huise [https://www.echoyouth.co.za/index.php/lees/artikels/468-borg-n-kind-in-een-van-die-echo-huise]

Ivor Swartz en Jaco Strydom gesels op Netwerk24 oor ’n hordes dinge, o.a. jeugbediening, moeilikheid in die nuus, die kerk en die nuwe boek, Eendag is te ver ... Borg 'n bed in een van die Echo-huise [https://www.echoyouth.co.za/index.php/lees/artikels/468-borg-n-kind-in-een-van-die-echo-huise]

“Hoe word jy toe ’n Anglikaanse priester?” vra ek. “Wel, toe gebeur God!”sê hy. Hy vertel van die groot indruk wat die woorde van ’n ryloper op sy lewe gemaak het. Die ou het gegroet toe hy hom aflaai en gesê: “So terloops jy doen nie wat jy veronderstel is om te doen nie.” Hy het die vreemdeling op die snelweg opgelaai maar die ou het toevallig net twee strate van sy tannie af gewoon. “Tien uur daai aand kon ek nie ophou dink aan daai man se woorde nie . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode [https://kerkbode.christians.co.za/] Borg 'n bed in een van ons Echo-huise [https://www.echoyouth.co.za/index.php/lees/artikels/468-borg-n-kind-in-een-van-die-echo-huise]

“My wêreld het in duie gestort. Ek het net by myself gedink, ek gaan my vrou verloor, ek gaan hierdie rots waarop ek tans staan verloor. En toe, vir so vir ’n wyle, vergeet ek van Jesus, die eintlike rots is in albei van ons se lewens. Vir ’n wyle het ek gesê, Here wat is U besig om te doen. Ek is dan die een wat verkeerd was, die een wat in die wrong was, en nou gebeur dít met my vrou? Wat gaan hier aan? En ek het dit hard en duidelik gehoor, die woorde: ‘Gerald, it’s not about you!’ Dit was ’n moeilike duur tyd. Maar dwars deur Gerald se storie loop die goue lyn van mense wat God oor sy pad gestuur het . . .